ERVAAR: In-Persoon Bemarking & Ander Bemarking.
Elke besigheid is verskillend, en dus verskil die bemarkingsbehoeftes. Sekere besighede verkies in-persoon geleenthede om met hul teikenmark te verbind sodat hul kliënte ‘n belewenis van hul handelsmerk kan hê. Ons lewe in ‘n werklike, tasbare wêreld - om ‘n handelsmerkervaring as deel van jou bemarkingstrategie kan maak, kan baie voordelig wees vir sekere besighede.
Provisio Marketing beplan geleenthede waar kliënte direk met ’n handelsmerk in aanraking kom deur persoonlike ervarings om kliëntelojaliteit te bou.
Die HOEKOM van ERVAAR
Hoekom jou besigheid kan baat by geleenthede:
- Handelsmerkervarings kan bydra tot die algehele beeld van 'n handelsmerk as deel van handelsmerkbewustheid en sigbaarheid.
- Geleenthede en skep spasie vir een-tot-een betrokkenheid met die teikenmark en stel die onderneming in staat om waardevolle terugvoer en insig oor sy teikenmark te verkry.
- Persoonlike handelsmerkervarings gee 'n onvergeetlike ervaring vir die teikenmark, wat weer 'n mededingende voordeel bo die kompetisie skep.
- Geleenthede kan verkoopsprosesse versnel en help met die skep van leidrade.
- Deur produkbekendstellings kry jou teikenmark die geleentheid om jou produk eerstehands te toets en ander daarvan te vertel, wat weer nuwe klante kan bereik.
- Effektiewe handelsmerkervarings kan besoekers in lojale kliënte verander.
HOE ons in-persoon bemarking en geleenthede skep:
Afhangende van ons kliënt se behoeftes en waar die teikenmark te vinde is, skep Provisio Marketing geleenthede (“brand activations” of “events”) waar jou teikenmark direk met jou besigheid kan konnekteer en jou dienste / produkte kan beleef. Ons behartig alle relevante beplanning, bestuur en logistieke om die geleentheid onvergeetlik te maak.
Ons ERVARING Dienste
Ons skep verskillende direkte bemarkingsveldtogte deur verskeie kanale, insluitend handelsmerkervarings, deur die volgende dienste:
- Geleenthede (“events”)-bestuurdienste
- Handelsmerkaktivering (“brand activation”)-dienste
- Verskeie ander bemarkingsveldtogte om jou besigheid & handelsmerk te groei