DEFINIEER: Handelsmerk Konsultasie & Strategie.
In die pad van ‘n besigheid is dit belangrik vir die eienaar om tyd te vat, ‘n treëtjie terug te staan en die besigheid te evalueer. Om die vrae te vra: Is ons nog relevant? Hoe het die besigheid verander vandat ons begin het? Is ons teikenmark nog dieselfde, en verstaan ons nog ons kliënte se behoeftes? Hoe lyk ons bemarking, en kan ons teikenmark ons nog vind? Doen ons steeds besigheid in lyn met ons waarde en visie soos aan die begin bepaal is? Weet ons kliënte van alles wat ons bied, en dat dit die antwoord op hul uitdagings is?
Wanneer ‘n besigheid hersien word, is dit noodsaaklik dat die besigheid reg definieer en verpak is om die ideale mark te bereik en sodoende ‘n geliefde en herkende handelsmerk in sy industrie te word. ‘n Besigheid bestaan uit verskeie aspekte wat bydra tot die totale beeld en ondervinding wat die kliënte van die besigheid kry, dus is dit belangrik om dit te hersien en nodige veranderinge te maak.
Verandering hoef nie groot te wees nie. Baie keer lê enorme impak in die kleiner veranderinge.
In hierdie proses is dit nodig om met die regte mense te werk wat ‘n vars en unieke perspektief op die besigheid en potensiaal daarvan kan bring. En dis wat Provisio Marketing doen – ons stap ‘n pad met klein tot medium besighede waarin ons begin deur na verskeie aspekte van die besigheid en handelsnaam kyk om dit reg te verpak en te konnekteer met die ideale teikenmark.
Die HOEKOM van DEFINIEER
Hoekom is dit nodig dat jou besigheid en handelsmerk goed gedefinieerd is?
- Dit help jou teikenmark om jou besigheid te verstaan en laat toe dat hulle met die handelsmerk kan vereenselwig.
- Dit posisioneer jou besigheid as gevestig en ‘n kenner in die industrie.
- Dit help jou handelsmerk resoneer met jou ideale teikenmark.
- Dit gee rigting en ‘n nuwe visie vir die toekoms van jou besigheid en vir groei.
- Dit bring weer passie en ‘n doel vir die besigheid en die potensiaal daarvan.
- Dit skep ‘n fondasie vir strategie vir bemarking en ook die groei van die besigheid.
HOE Ons Jou Handelsmerk Definieer
Provisio Marketing neem verskillende aspekte van die besigheid en handelsmerk in ag om by die hart van die besigheid uit te kom, dit reg te verpak en na die teikenmark te neem op ‘n manier wat waarlik met hulle resoneer. Ons vra die vrae wat nodig is om weer by die fondasie van ‘n besigheid uit te kom, en werk dan vanuit daardie staanspoor, deur ons handelsmerk-en bemarkingsdienste, om ‘n handelsmerk te vorm wat geliefd en kenmerkend is.
Ons DEFINIEER Dienste
Ons definieer besighede deur die volgende dienste:
- Konsultasie oor besigheid & handelsmerk
- Analise van handelsmerk
- Strategie vir handelsmerk
- Bemarkingstrategie
- Bemarkingskonsultasie