Welkom by
PROVISIO MARKETING.
Ons bou handelsmerke waarvoor mense lief is.
Provisio Marketing is ‘n handelsmerk-en bemarkingsagentskap wat klein tot medium besighede met hul teikenmark verbind deur die handelsmerkbeeld te bou en verbeter, die besigheid meer ontdekbaar te maak en konneksie te vorm deur ons bemarkingsdienste.
Ons werk met besighede wat ‘n vars en unieke perspektief nodig het oor hul handelsmerk en bemarking om die potensiaal te ontgin. Ons ondervinding en kundigheid is gebaseer op jare se werk met bekende handelsname in verskeie industrieë, en ons gebruik hierdie as agtergrond om kleiner besighede te transformeer deur hul handelsnaam te bou en besigheid te groei. Deur altyd te vra wat kan beter en anders gedoen word, is ons fokus om uiteindelik handelsmerke te bou waarvoor mense lief is.
Ons HOEKOM
Ons DOEL
Provisio Marketing se doel is om met konneksie met mense te vorm deur besigheid en bemarking. Besighede het die geleentheid om ‘n positiewe impak in baie mense se lewens te maak. Ons kan ‘n groot rol speel deur besighede te help groei, wat dan ‘n uitkringeffek het waar die besighede en die mense daarin weer ander mense se lewens kan beïnvloed.
Ons PASSIE
Ons verstaan die uitdagings wat besighede in die gesig staar in hierdie konstant-veranderende wêreld om relevant te bly, beide in handelsmerk en bemarking. Ons passie is om die oplossing te wees wat besighede nodig het vir groei. Om die vreudge en opwinding in ‘n kliënt te sien wanneer hulle die potensiaal van hul besigheid herontdek, of wanneer die drome wat hulle oor hul besigheid gedroom het ‘n realiteit word… dis die rede hoekom ons doen wat ons doen.
Dit is groter as ons, maar dit begin by ons.
Ons HOE
Provisio Marketing bied ‘n omvattende, gedetaileerde en verpersoonlikde benadering tot al ons klante se behoeftes. Afhangende van elke kliënt se spesifieke behoeftes en voorkeur, gebruik ons verskillende boublokke om geliefde handelsmerke te bou:
DEFINIEER | ONTWERP | ONTDEK | VERBIND | ERVAAR
Mense doen besigheid met mense, so ons streef daarna om ‘n kliënt se besigheid, industrie en teikenmark te verstaan om resultate te kry. Dit stel ons ook in staat om die beste strategieë, ontwerpe en veldtogte te skep om ‘n besigheid te laat groei. Ons fokus daarop om altyd die beste moontlike diens te lewer en advies te gee sodat ons waarde toevoeg en ‘n langtermyn-besigheidsverhouding kan bou deur vertroue.

'n Vars en kreatiewe perspektief kan dalk presies wees wat jou besigheid nodig het vir groei en sukses.
WAT Ons Doen
Provisio Marketing kan jou help met:
Jou Handelsmerk
Provisio Marketing bring verskillende aspekte van ‘n besigheid in berekening om seker te maak dat die teikenmark hulself met die besigheid se handelsmerk kan vereenselwig. Ons handelsmerkdienste bou ‘n bemarkbare, relevante en goedgedefinieerde handelsnaam wat baie ontdekbaar is deur sy teikenmark en klante.
- DEFINIEER: Handelsmerk Konsultasie & Strategie
- ONTWERP: Grafiese Ontwerp Dienste
- ONTDEK: Webbladontwerp, SEO & Meer
Jou Bemarking
Provisio Marketing neem jou handelsmerk en besigheid mark toe deur verskillende bemarkingskanale, wat digitale bemarking (soos sosiale media-bemarking en ander platforms) kan insluit, of in-persoon handelsmerkervarings, soos handelsmerkaktivering ("brand activations") of geleenthede ("events"). Mense soek konneksie, so ons bepaal waar jou besigheid optimaal kan konnekteer met die teikenmark en skep dan die regte konneksies.
- VERBIND: Digitale & Sosiale Media Bemarking
- ERVAAR: In-Persoon Bemarking Geleenthede & Ander Bemarking
Handelsmerk Dienste
DEFINIEER.
Handelsmerkkonsultasie & Strategie
Ons help jou om jou klein tot medium besigheid duidelik te definieer en te verfyn om sy potensiaal te ontgin deur ons omvattende en gedetaileerde benadering deur middel van:
- Konsultasie oor besigheid en handelsmerk
- Analise van handelsmerk
- Strategie vir handelsmerk
- Bemarkingskonsultasie
- Bemarkingstrategie
ONTWERP.
Grafiese Ontwerp Dienste
Benodig jy ‘n vars beeld vir jou besigheid? Provisio Marketing skep pragtige ontwerpe wat jou besigheid en handelsmerk komplementeer:
- Grafiese ontwerp
- Embleem (logo)-ontwerp met variasies
- E-pos handtekeninge
- Stylgidse
- Promosionele items-en geskenke
- Briefhoofontwerp
- Besigheidsprofiel
- Produkverpakking
- Drukwerk
- & meer
ONTDEK.
Webbladontwerp, SEO & Meer
‘n Goedgedefinieerde handelsmerk is ontdekbaar deur sy teikenmark. Ons maak seker dat jou besigheid ‘n sterk digitale teenwoordigheid aanlyn het en dat dit goed uitgebeeld word, beide visueel en in hoe dit kommunikeer met jou gehoor.
- Webbladontwerp & aanlynwinkels
- Huisvesting van webblad
- SEO (Soek Enjin Optimalisering)
- Google Business
- Kopieskryf ("copywriting")
- Nuusbriewe & artikels
- Fotografie & videografie-dienste (addisioneel)
Bemarking Dienste
VERBIND.
Digitale & Sosiale Media Bemarking
Ons stel jou profiel/e op toepaslike platforms op vir sukses en deel die regte inhoud met jou volgelinge
- Digitale bemarkingstrategie
- Sosiale media bemarking- en bestuur
- Inhoudskepping
- Gemeenskapsbestuur
- E-pos-bemarking
- Google Ads
- Meta Ads (Facebook & Instagram)
- Rapportering & analise
ERVAAR.
In-Persoon Bemarking Geleenthede & Ander Bemarking
Effektiewe handelsmerkervarings kan besoekers in lojale klante verander. Sou jou bemarkingstrategie baat by in-persoon handelsmerkgeleenthede, bied Provisio Marketing alle beplanning, bestuur en relevante logistieke vir klein tot medium besighede se geleenthede aan.
- Handelsmerkaktivering (“brand activation”) -dienste
- Geleenthede (“events”) -bestuurdienste
- Verskeie ander veldtogte en tipes bemarking om jou besigheid en handelsmerk te bou
Mense doen besigheid met mense.
WIE Ons Is
Annick Malan
Founder & Director | BMus (Hons)
My naam is Annick. Ek is die Pretoria-gebaseerde stigter van Provisio Marketing, met ‘n passie vir mense, reis, opbouende gesprekke, goeie jazz-musiek, worshonde, en pragtige oomblikke.
Ek werk al sedert 2004 in die bemarkingsindustrie en het hierdeur al verskeie geleenthede gehad om met beide plaaslik en internasionele besighede en handelsname te werk – hierdie het vir my kans gegee om bemarking, besigheid en mense te verstaan.
Provisio Marketing is gestig as ‘n agentskap wat intensioneel is om konneksie te skep deur passie, kreatiwiteit, toewyding, en aandag aan detail. Sedertdien het dit baie meer geword as slegs dít. Ons het deur die jare baie lankbestaande besigheidsverhoudings gebou, omdat ons deel in ons kliënte se passie vir hul besigheid, en hul besigheid te hanteer soos ons eie.
Om deel te wees van Provisio Marketing is een van die grootste seëninge in my lewe. Om groei deur Goddelike voorsiening en leiding te beleef, ontelbare geleenthede, lesse geleer, nuwe perspektiewe, en konneksies gevorm met spesiale mense het hierdie tot dusver ‘n merkwaardige reis gemaak.

BEGINSELS
- Vir Sy glorie
- Streef om daagliks ons passie en doel uit te leef
- Streef uitnemendheid na
- Dien ander deur altyd die beste moontlike diens en advies te gee
- Fokus altyd om dinge anders en beter te doen
- Om die moed te hê om nuwe dinge aan te pak, om te leer en om te groei