ONTWERP: Grafiese Ontwerp Dienste.
‘n Belangrike aspek van ‘n goedgedefinieerde handelsmerk is dat dit visueel ‘n duidelike beeld en prentjie van die besigheid skets waarmee die teikenmark kan resoneer. Hierdie word bereik deur kreatiewe en kenmerkende ontwerpe. Van die embleem (logo) tot die druk van items met jou handelsmerk op, moet jou handelsmerk die identiteit van jou besigheid reg verteenwoordig en die regte aandag trek.
Een van die boublokke van hoe Provisio Marketing klein tot medium besighede tot geliefde handelsmerke bou is deur ons grafiese ontwerpdienste. Ons maak seker jou besigheid staan visueel uit bo jou mededingers deur kreatiewe en besonderse ontwerpe wat raakgesien word deur jou mark. Goeie ontwerp is ‘n sleutelaspek van enige professionele besigheid. Al benodig jou besigheid ‘n hele nuwe beeld, of slegs ‘n verfrissing van jou embleem, kan ons jou help.
Die HOEKOM van ONTWERP
Die belangrikheid van goeie en kenmerkende ontwerp:
- Die regte embleem (logo) verteenwoordig ‘n besigheid se identiteit en is maklik herkenbaar vir die teikenmark.
- Goeie ontwerp trek die regte teikenmark en kweek nuuskierigheid oor wat jou besigheid bied.
- Wanneer ‘n embleem goed ontwerp is, skep dit ‘n goeie eerste indruk oor jou besigheid.
- Met strawwe kompetisie in meeste industrieë help ‘n kenmerkende embleem om jou handelsmerk uit te laat staan teen die kompetisie, wat dus vir jou besigheid ‘n voorsprong gee.
HOE ons ontwerp
Provisio Marketing maak seker dat ons jou besigheid, industrie en teikenmark heeltemal verstaan om jou handelsmerk reg te bou / te verfris, en te verpak deur grafiese ontwerp en ander ontwerpdienste. Ons bring jou besigheid se identiteit op ‘n kreatiewe manier in die ontwerpe in, en maak seker dat jou handelsmerk reg verskyn waar jou besigheid te vinde is.
Ons ONTWERP Dienste
Ons grafiese ontwerpdienste sluit in:
- Grafiese ontwerp & embleem ("logo")-ontwerp met variasies
- E-pos handtekeninge
- Stylgidse
- Briefhoofontwerp
- Promosie-items & geskenke
- Besigheidsprofiel & meer